1 Die hele wêreld het net een taal gepraat.
2 Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon.
3 Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.”Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
4 Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”