1 Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom.
2 Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud.
3 Hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek na Bet-El toe, na die plek waar sy tente aan die begin gestaan het, tussen Bet-El en Ai,
4 die plek waar hy vroeër 'n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.
5 Lot, wat saam met Abram getrek het, het self ook baie kleinvee en beeste en tente vir sy mense gehad.
6 Die land kon nie in Abram en Lot saam se behoeftes voorsien sodat hulle bymekaar kon bly nie. Hulle besittings was te veel; hulle kon nie bymekaar bly nie.
7 Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon. Daar het toe 'n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s'n.