9 Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.”
10 Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos 'n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het.
11 Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies en hy het ooswaarts versit.So het die twee van mekaar geskei:
12 Abram het in Kanaän bly woon, en Lot het in die stede van die Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom het hy gaan tent opslaan.
13 Die inwoners van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here.
14 Nadat Lot van Abram af weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk tog rond, kyk van hier af waar jy is, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste.
15 Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.