3 Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom:
4 “Dit is my verbond met jou:jy sal die vader wees van 'n menigte nasies;
5 jy sal nie meer Abram genoem word nie,jou naam sal Abraham wees,want Ek maak jou die vader van baie nasies.
6 Ek sal jou baie vrugbaar maak,Ek sal jou tot nasies maak,en konings sal uit jou voortkom.
7 “Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.
8 Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaän, as 'n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.”
9 Verder het God vir Abraham gesê: “Jy moet my verbond nakom, jy en jou nageslag en al hulle nageslagte.