20 Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.”
21 Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie.
22 Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks aan die ander stede doen voordat jy in die dorpie aangekom het nie.”Dit is waarom hulle die dorpie Soar noem.
23 Net toe die son opkom, het Lot in Soar aangekom.
24 Toe het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reën op Sodom en Gomorra.
25 En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei.
26 Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander.