1 Abraham het van Mamre af weggetrek na die Suidland toe en hom tussen Kades en Sur gaan vestig. Toe hy op 'n keer in Gerar gewoon het,
2 het hy voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou.
3 Een nag het God in 'n droom aan Abimelek verskyn en vir hom gesê: “Jy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou. Sy is al getroud.”
4 Abimelek het nog nie met haar geslagsgemeenskap gehad nie en hy het gesê: “Here, sal U selfs 'n onskuldige nasie uitroei?
5 Abraham het dan self vir my gesê: ‘Sy is my suster.’ En sy het self gesê: ‘Hy is my broer.’ Ek het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.”