1 Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het sy belofte aan haar nagekom.
2 Sy het swanger geword en in Abraham se ouderdom vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Dit het gebeur op die tyd wat God vir Abraham beloof het.
3 Hy het die seun wat vir hom gebore is, die een wat deur Sara in die wêreld gebring is, Isak genoem.
4 Soos God vir Abraham beveel het, het hy vir Isak besny toe hy ag dae oud was.
5 Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak gebore is.
6 Sara het toe gesê: “God het gemaak dat mense vir my lag: elkeen wat van Isak hoor, sal vir my lag.”