25 Abraham het toe by Abimelek beswaar gemaak oor die waterput wat deur Abimelek se slawe afgevat is.
26 Toe sê hy vir Abraham: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het my dit ook nie voorheen vertel nie. Ek hoor nou eers daarvan.”
27 Daarna het Abraham kleinvee en grootvee gevat en vir Abimelek gegee, en hulle twee het 'n ooreenkoms gesluit.
28 Abraham het ook nog sewe skaaplammers uit sy trop uitgekeer,
29 en Abimelek het vir hom gevra: “Wat wil jy maak met die sewe skaaplammers wat jy uitgekeer het?”
30 Abraham het geantwoord: “Jy moet hierdie sewe lammers by my vat en daarmee erken dat ek hierdie put gegrawe het.”
31 Die plek word Berseba genoem, want daar het hulle twee 'n eed teenoor mekaar afgelê.