31 Die plek word Berseba genoem, want daar het hulle twee 'n eed teenoor mekaar afgelê.
32 Nadat hulle die ooreenkoms by Berseba gesluit het, het Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, teruggegaan na die land van die Filistyne toe,
33 en Abraham het 'n tamarisk by Berseba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep.
34 Abraham het lank in die land van die Filistyne gewoon.