4 Soos God vir Abraham beveel het, het hy vir Isak besny toe hy ag dae oud was.
5 Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak gebore is.
6 Sara het toe gesê: “God het gemaak dat mense vir my lag: elkeen wat van Isak hoor, sal vir my lag.”
7 Sy het verder nog gesê: “Wie sou vir Abraham kon sê dat Sara seuns aan haar bors sal voed? Ek het in sy ouderdom 'n seun in die wêreld gebring.”
8 Die kind het grootgeword en die dag toe hy gespeen is, het Abraham 'n groot fees gehou.
9 Toe Sara die seun wat Hagar die Egiptiese slavin vir Abraham in die wêreld gebring het, sien lag,
10 sê sy vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erf nie.”