23 en Hy het vir haar gesê:“Daar is twee nasies in jou,twee volke uit jou sal van mekaar geskei word.Een sal sterker wees as die ander,die oudste sal die jongste dien.”
24 Toe Rebekka haar kinders in die wêreld bring, was dit tweelingseuntjies.
25 Die eerste is gebore: rooi, vol hare soos 'n veljas, en hy is Esau genoem.
26 Sy broer is na hom gebore en dié se hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud toe hulle gebore is.
27 Die seuns het grootgeword. Esau was 'n ervare jagter, 'n man van die veld; Jakob was 'n rustige mens, hy het tuis gebly.
28 Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek.
29 Op 'n dag terwyl Jakob lensiesop aan die kook was, kom Esau doodmoeg uit die veld daar aan