31 Toe sê Jakob vir hom: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.”
32 Esau het geantwoord: “Ek gaan tog sterf. Wat baat dit my om die eersgeborene te wees?”
33 Jakob sê toe vir hom: “Beloof my nou met 'n eed dat jy jou reg as eersgeborene aan my oormaak.”Esau het dit gedoen en so sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop.
34 Daarna het hy vir Esau brood en lensiesop gegee, en hy het geëet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap.Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.