14 Hy het troppe kleinvee en grootvee gehad en baie slawe. Toe het die Filistyne uit afguns
15 al die putte wat die slawe van sy pa Abraham nog in dié se tyd gegrawe het, toegegooi en opgevul.
16 Toe sê Abimelek vir Isak: “Trek weg van ons af. Jy het vir ons te sterk geword.”
17 Hy is toe daar weg en hy het by Gerarspruit kamp opgeslaan en daar gebly.
18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee.
19 Isak se slawe het 'n put gegrawe in die spruit en sterk water gekry.
20 Toe stry die skaapwagters van Gerar met dié van Isak en sê: “Dié water behoort aan ons.”Isak het toe die put “Rusie” genoem, omdat hulle daar met hom rusie gemaak het.