30 Isak het toe vir hulle 'n maaltyd klaargemaak en hulle het geëet.
31 Die volgende môre het hulle vroeg klaargemaak en hulle en Isak het aan mekaar 'n belofte onder eed gemaak. Toe het Isak hulle laat gaan en is hulle in vrede van hom af weg.
32 Daardie dag het Isak se slawe gekom en hom vertel van die put wat hulle gegrawe het. Hulle het vir hom gesê: “Ons het water gekry.”
33 Toe noem hy dit Seba en daarom is die naam van die stad nou nog Berseba.
34 Toe Esau veertig was, het hy getrou met Jehudit dogter van Beëri, 'n Hetiet, en met Basemat dogter van Elon, 'n Hetiet.
35 Hulle het baie kommer in Isak en Rebekka se lewe gebring.