19 Jakob het sy pa geantwoord: “Ek is Esau, Pa se oudste seun. Ek het gedoen wat Pa gesê het. Kom sit nou regop en eet van my wildsvleis sodat Pa my dan kan seën.”
20 Maar Isak het vir hom gevra: “Hoe het jy dan die wild so gou gekry, my seun?” en Jakob het geantwoord: “Die Here u God het my dit laat raakloop.”
21 Toe sê Isak vir Jakob: “Kom nader dat ek aan jou kan voel, my seun, of jy my seun Esau is of nie.”
22 Jakob het nader gegaan na sy pa Isak toe, en toe hy aan hom voel, sê hy: “Die stem, dis Jakob se stem, maar die hande, dis Esau se hande.”
23 Isak het nie vir Jakob herken nie, want sy hande was harig soos sy broer Esau s'n. Isak het toe vir Jakob geseën.
24 Isak het vir hom gesê: “Jy is tog my seun Esau!” en Jakob het gesê: “Ek is.”
25 Toe sê Isak: “Gee die wild aan dat ek daarvan kan eet, my seun, en jou dan kan seën.”Hy het dit vir hom aangegee en Isak het geëet, en Jakob het vir hom wyn gebring, en hy het dit gedrink.