5 Sy het swanger geword en vir Jakob 'n seun in die wêreld gebring.
6 Toe sê Ragel: “God het in my guns uitspraak gelewer, Hy het my gebed verhoor en vir my 'n seun gegee.” Daarom het sy hom Dan genoem.
7 Bilha die slavin van Ragel het weer swanger geword en 'n tweede seun vir Jakob in die wêreld gebring.
8 Ragel het toe gesê: “Ek was in 'n bitter swaar stryd gewikkel met my suster, maar ek het gewen.”Toe noem sy die seun Naftali.
9 Toe Lea besef sy bring nie meer kinders in die wêreld nie, het sy haar slavin Silpa gevat en vir Jakob gegee as vrou.
10 Sy het vir hom 'n seun in die wêreld gebring,
11 en Lea het gesê: “Nou is ek gelukkig!”Sy het die seun Gad genoem.