1 Jakob het die seuns van Laban hoor sê: “Jakob het alles gevat wat aan Pa behoort. Hy het hierdie hele rykdom verkry uit wat aan Pa behoort.”
2 Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie.
3 Toe sê die Here vir Jakob: “Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe. Ek sal by jou wees.”
4 Toe laat Jakob vir Ragel en Lea veld toe roep, na sy kleinvee toe.