17 Uit Esau se seun Reüel was daar Nagat, Serag, Samma en Missa, almal stamhoofde.Hulle was stamhoofde in Edom, almal uit Reüel se huis, die nageslag van Esau se vrou Basemat.
18 Die seuns van Esau se vrou Oholibama was Jeüs, Jalam, Korag, almal stamhoofde.Hulle was stamhoofde uit die geslag van Oholibama dogter van Ana, Esau se vrou.
19 Dit was Esau, dit is Edom, se nageslag, en dit was hulle stamhoofde.
20 Die eerste inwoner van die land Edom was Seïr die Goriet. Sy seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
21 Dison, Eser en Disan. Hulle was die Goritiese stamhoofde, die nageslag van Seïr, in Edom.
22 Lotan se seuns was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.
23 Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.