1 Destyds het Juda weggetrek van sy broers af, in die rigting van Adullam waar hy by 'n man met die naam Gira uitgekom het.
2 Daar het Juda vir Bat-Sua, 'n Kanaänitiese meisie, raakgeloop en met haar getrou. Hy het met haar gemeenskap gehad,
3 en sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Juda het hom Er genoem.
4 Sy het weer swanger geword en nog 'n seun in die wêreld gebring en hom Onan genoem.
5 Toe Juda in Kesib was, het sy weer 'n seun in die wêreld gebring en hom Sela genoem.