15 Juda het haar gesien en gedink sy is 'n prostituut. Haar gesig was mos toegemaak.
16 Hy het na haar toe uitgedraai en vir haar gesê: “Kom! Ek wil met jou gemeenskap hê!”Hy het nie besef dat dit sy skoondogter is nie.Toe vra sy vir hom: “Wat sal jy my daarvoor betaal?”
17 Hy het geantwoord: “Ek sal vir jou 'n boklam uit my kudde stuur,” maar sy sê: “Dan moet jy my solank 'n pand gee.”
18 Toe vra hy: “Wat se pand kan ek jou gee?”Sy het geantwoord: “Jou seëlring met die ketting en jou kierie.”Hy het dit vir haar gegee en met haar gemeenskap gehad en sy het swanger geword.
19 Sy is toe terug huis toe waar sy haar sluier afgehaal en weer haar rouklere aangetrek het.
20 Juda het sy vriend, Gira van Adullam, gestuur met die boklam om die pand by haar te gaan haal, maar hy kon haar nie opspoor nie.
21 Hy het navraag gedoen by die mense van die plek waar sy gesit het. Hy het gevra: “Waar is daardie tempelprostituut wat by Enajim langs die pad was?”Hulle het hom geantwoord: “Hier by ons is nie 'n tempelprostituut nie.”