25 Maar toe hulle haar wou gaan haal, stuur sy 'n boodskap na haar skoonpa toe: “Die man aan wie hierdie goed behoort — ek het by hom swanger geword. Stel vas aan wie hierdie seëlring met die ketting en die kierie behoort.”
26 Juda het dit herken en gesê: “Sy is onskuldig, ek nie! Ek moes my seun Sela aan haar as man gegee het.”Juda het nooit weer met haar gemeenskap gehad nie.
27 Toe die tyd van haar bevalling aanbreek, het dit geblyk dat sy 'n tweeling verwag.
28 Toe die geboorte begin, het een van die twee sy hand uitgesteek en die vroedvrou het dit gegryp en 'n stukkie rooi garing daarom gebind. Sy het gesê: “Hierdie een is eerste.”
29 Maar toe trek hy sy hand terug en sy broertjie kom. Toe sê sy: “Jy het met krag vorentoe gekom.”Hy is toe Peres genoem.
30 Daarna het die broertjie gekom om wie se hand die rooi garing was, en hy is Serag genoem.