1 Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wêreld gebring en uitgeroep: “Ek het 'n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!”
2 Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer.
3 Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land 'n offer aan die Here gebring.
4 Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem,
5 maar nie vir Kain en sy offer nie.Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.