1 Toe beveel Josef sy hoofamptenaar: “Maak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak.
2 En my beker, my silwerbeker, moet julle bo in die sak van die jongste sit saam met die geld vir sy graan.”Die hoofamptenaar het gedoen wat Josef gesê het.
3 Ligdag die volgende môre is die manne toe met hulle donkies daar weg.
4 Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê Josef vir sy hoofamptenaar: “Kom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte?
5 Dit is die beker waaruit Meneer drink en waarmee hy voorspellings doen. Dis 'n lelike ding wat julle gedoen het.”
6 Toe die hoofamptenaar hulle ingehaal het, het hy dit alles vir hulle gesê,
7 maar hulle het vir hom gesê: “Waarom sê u so? Nie een van ons sal so iets aanvang nie.