14 het Israel sy arms gekruis en sy regterhand op Efraim se kop gesit al was hy die jongste, en sy linkerhand op Manasse s'n al was hy die oudste.
15 Hy het vir Josef geseën en gesê:“Mag die God naby wiemy voorvaders Abraham en Isak geleef het,die God wat vir my van my geboorte af tot nou toe gesorg het,
16 die Engel wat my uit elke moontlike gevaar gered het,mag Hy die seuns seën.Dan sal my naam voortleef in hulle,en ook dié van my voorvaders Abraham en Isak.Mag die seuns vermeerder en baie word in daardie land.”
17 Toe Josef sien sy pa sit sy regterhand op Efraim se kop, het Josef gedink dis nie reg nie en toe tel hy Jakob se hand van Efraim se kop af op om die hand op Manasse se kop te sit.
18 Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, Pa! Manasse is die oudste, sit Pa se regterhand op sy kop.”
19 Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. Ook hý sal 'n volk word, ook hý sal baie word, maar sy jonger broer sal sterker word as hy, en die jonger broer se nageslag sal 'n magtige nasie word.”
20 Daardie dag het Jakob die twee seuns geseën:“Die Israeliete sal mekaar seën met die woorde:Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.”So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel.