15 Hy sien 'n goeie woonplek,'n mooi landstreek,en daarvoor onderwerp hy hom aan dwangarbeid,doen hy slawewerk.
16 “Dan is een van die stamme van Israel,hy handhaaf die reg van sy volk.
17 Dan is 'n slang op die pad,'n horingslang op die grootpad,hy pik die perd aan sy hakskeen,die ruiter val agteroor.
18 “Ek wag dat U red, Here!
19 “Gad — 'n bende oorval hom,maar hy val hulle van agter af aan.
20 “Aser eet ryk kos,hy eet koningskos.
21 “Naftali is 'n takbok wat vry rondloop,hy het 'n mooi nageslag.