2 Kom na my toe, seuns van Jakob,luister na Israel, julle vader!
3 “Ruben, jy is die oudste,toonbeeld van my krag,gebore toe ek in my fleur was;jy is die vernaamste, die sterkste.
4 Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie,want soos stormwater was jy onstuimig:jy het jou vergryp aan 'n vrou van jou vader,jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.
5 “Simeon en Levi is die een soos die ander:altyd gereed vir geweld.
6 Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie,in hulle vergaderings wil ek nie kom nie,want koelbloedig het hulle mense vermoor,roekeloos het hulle diere mishandel.
7 Die straf van God sal hulle trefoor hulle geweldpleging, hulle onbeteuelde drif:hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob,versprei word tussen die stamme van Israel.
8 “Juda, dit is jy vir wie jou broers sal eer:jy sal jou vyande onderwerpen jou broers sal voor jou buig.