23 Henog se ouderdom was dus 365 jaar.
24 Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem.
25 Toe Metusalag 187 was, het hy die vader geword van Lameg.
26 Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.
27 Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het.
28 Toe Lameg 182 was, het hy die vader geword van 'n seun.
29 Hy het die seun Noag genoem, “want,” het hy gesê, “hierdie seun sal ons opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.”