2 Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik.
3 Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly.
4 Oor sewe dae sal Ek dit veertig dae en nagte lank laat reën en alles wat leef, wat Ek gemaak het, wegvee van die aarde af.”
5 Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het.
6 Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het.
7 Noag en sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het in die ark ingegaan vir die vloedwaters.
8 Die rein en die onrein diere, die voëls, en die diere wat kruip,