2 Die fonteine van die groot waters en die vensters van die hemel is toegemaak, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3 Die water het al hoe meer weggesak van die aarde af. Na honderd en vyftig dae het die water so gesak
4 dat die ark op die sewentiende van die sewende maand op die Araratberge tot rus gekom het.
5 Die water het aangehou sak en op die eerste van die tiende maand het die bergtoppe sigbaar geword.
6 Veertig dae later het Noag die venster wat hy vir die ark ingesit het, oopgemaak
7 en 'n kraai losgelaat, maar dit het heen en weer gevlieg totdat die water op die aarde opgedroog het.
8 Noag het toe 'n duif losgelaat om te probeer vasstel of die water al van die aarde af verdwyn het.