17 God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”
18 Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän.
19 Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk.
20 Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het.
21 Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê.
22 Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
23 Sem en Jafet het toe 'n kledingstuk van Noag gevat, dit oor hulle skouers gehou en agteruit geloop en hulle pa toegemaak. Hulle het anderpad gekyk, sodat hulle nie hul pa kaal sou sien nie.