2 Moenie trou en kinders hê in dié plek nie,
3 want so sê die Here oor die kinders wat in dié plek gebore word en oor die ouers wat in dié land kinders kry:
4 Hulle sal sterf aan verskriklike siektes; niemand sal oor hulle treur en hulle begrawe nie; hulle sal op die grond bly lê soos hope mis; of hulle sal omkom in oorlog of deur hongersnood, en hulle lyke sal deur voëls en roofdiere opgevreet word.
5 Die Here het gesê: Jy moenie in 'n huis ingaan waar daar getreur word oor iemand wat dood is nie, jy moenie saam treur nie en moenie meegevoel betuig nie, want Ek het my vrede weggevat van dié volk af: Ek het hulle nie meer lief nie en Ek ontferm My nie meer oor hulle nie, sê die Here.
6 Groot en klein in dié land sal sterf; niemand sal hulle begrawe en oor hulle treur nie, niemand sal homself stukkend sny of sy kop kaalskeer om sy droefheid te wys nie;
7 niemand sal 'n stukkie brood deel met 'n bedroefde om hom te troos oor iemand wat dood is nie, niemand sal vir hom iets te drinke aanbied om hom te troos nie, nie eens oor 'n vader of moeder nie.
8 Jy mag ook nie in 'n huis ingaan waar daar feesgevier word en saam aansit en eet en drink nie,