7 niemand sal 'n stukkie brood deel met 'n bedroefde om hom te troos oor iemand wat dood is nie, niemand sal vir hom iets te drinke aanbied om hom te troos nie, nie eens oor 'n vader of moeder nie.
8 Jy mag ook nie in 'n huis ingaan waar daar feesgevier word en saam aansit en eet en drink nie,
9 want, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, Ek gaan voor julle oë, in julle leeftyd, 'n end maak aan die klanke van vrolikheid en blydskap in hierdie plek, ook aan dié van huweliksfeeste.
10 Wanneer jy dit alles vir hierdie volk sê, sal hulle vir jou vra: “Waarom sê die Here sal Hy al hierdie groot rampe oor ons bring? Hoe het ons teen die Here ons God oortree, wat het ons teen Hom gesondig?”
11 Dan moet jy vir hulle sê: Julle voorvaders het My al verlaat, sê die Here. Hulle het agter ander gode aangeloop en dié gedien en geëer. Julle voorvaders het My verlaat en my wet nie onderhou nie,
12 en julle het erger aangegaan as hulle, julle het elkeen sy eie harde kop gevolg en nie na My geluister nie.
13 Daarom sal Ek julle uit hierdie land uitdryf na 'n land toe waarvan julle nie weet nie en waarvan julle voorvaders ook nie geweet het nie. Daar sal julle dag en nag ander gode dien. Ek het geen medelye meer met julle nie.