5 Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap
6 en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.”
7 Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.”Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys.
8 Toe vra hulle hom: “Vertel ons tog waarom hierdie ramp ons tref. Wat werk jy? Waarvandaan kom jy? Uit watter land en van watter volk is jy?”
9 Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.”
10 Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?”Hulle het te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel.
11 Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm word?”Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword.