1 Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God.
2 Jona het gesê:“In my nood het ek tot die Here geroep,en Hy het my gebed verhoor.Diep in die doderyk het ek hulp gevra,en U, Here, het my gehoor.
3 U het my die diepte ingegooi,diep in die see, en die watermassa het my omring.U het golf na golf oor my laat gaan.
4 Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn,maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5 Die waters het my toegevou,die groot water het my omring,seegras was om my kop gedraai.
6 Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge,die aarde het my vir altyd toegesluit.Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
7 Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink,en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou,verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
9 Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring;wat ek beloof het, sal ek doen.Hulp kom net van die Here af.”
10 Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.