6 en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.”
7 Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.”Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys.
8 Toe vra hulle hom: “Vertel ons tog waarom hierdie ramp ons tref. Wat werk jy? Waarvandaan kom jy? Uit watter land en van watter volk is jy?”
9 Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.”
10 Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?”Hulle het te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel.
11 Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm word?”Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword.
12 Jona het hulle geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal dit kalm word rondom julle, want ek weet dit is oor my dat hierdie groot storm rondom julle woed.”