Josua 15 AFR83

Die stamgebied van Juda

1 Aan die families in die stam Juda is deur loting 'n gebied toegeken wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom.

2 Juda se suidelike grens begin dus by die Soutsee, by die punt wat suid uitsteek,

3 en dit loop suid van Skerpioenpas verby na Sin toe, op na 'n punt suid van Kades-Barnea, oor na Gesron toe, op na Addar toe en swaai na Karka toe.

4 Dan loop dit oor na Asmon toe en met Egiptespruit langs totdat dit teen die see doodloop. Dit is Juda se suidelike grens.

5 Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop.Die grens aan die noordekant begin waar die Jordaan in die see inloop,

6 en loop op na Bet-Gogla toe, noord van Bet-Araba verby, op na die Klip van Bohan seun van Ruben,

7 op na Debir toe van die Akorlaagte af, en swaai noord na Gilgal toe wat regoor Adummimspas suid van die spruit lê. Dan loop die grens oor tot aan die water van Semesfontein en tot by Rogelfontein,

8 daarvandaan op met Ben-Hinnomdal na die suidelike hang van Jebusieteberg, dit is Jerusalem, en op na die top van die berg wes van Hinnomdal by die noordelike punt van Spooklaagte.

9 Van die top van die berg af draai die grens na Neftoagsfontein toe, loop aan na die stede teen Efronberg en draai na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim.

10 Van Baäla af swaai dit wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af Bet-Semes toe, oor na Timna toe

11 en met die noordelike hang van Ekron langs. Dan draai die grens na Sikaron toe en loop oor Baälaberg na Jabne toe, waarna dit teen die see doodloop.

12 Die westelike grens is die kus van die Groot See.Dit is die grense rondom die gebied van die families in die stam Juda.

Kaleb verower Hebron en Debir

13 Aan Kaleb seun van Jefunne het Josua, soos die Here hom beveel het, 'n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, naamlik Kirjat-Arba, dit is Hebron. Arba was die voorvader van die Enakiete.

14 Kaleb het die Enakiete Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, al drie Enakskinders.

15 Daarvandaan het Kaleb die mense van Debir gaan aanval. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.

16 Kaleb het gesê: “Aan die man wat Kirjat-Sefer verslaan en inneem, gee ek my dogter Aksa as vrou.”

17 Kaleb se stamgenoot Otniël seun van Kenas het die stad ingeneem, en Kaleb het sy dogter Aksa aan hom as vrou gegee.

18 Toe sy by Otniël kom, het sy by hom aangehou dat hulle vir haar pa landbougrond moet gaan vra. Toe sy van die donkie afklim, vra Kaleb vir haar wat sy wil hê,

19 en sy antwoord: “Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.”Hy het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee.

Die stede in die gebied van Juda

20 Die families in die stam Juda het die volgende gebied as besitting ontvang:

21 Die stede die verste suid wat aan hulle behoort het, dié teen die grens van Edom, was Kabseël, Eder, Jagur,

22 Kina, Dimona, Adada,

23 Kedes, Gasor, Jitnan,

24 Sif, Telem, Bealot,

25 Gasor-Gadatta, Kerijot-Gesron, dit is Gasor,

26 Amam, Sema, Molada,

27 Gasar-Gadda, Gesmon, Bet-Pelet,

28 Gasar-Sual, Berseba, Bisjoteja,

29 Baäla, Ije-Abarim, Esem,

30 Eltolad, Kesil, Gorma,

31 Siklag, Madmanna, Sansanna,

32 Lebaot, Silgim, Ajin en Rimmon, altesaam nege en twintig stede met hulle buiteposte.

33 In die Laeveld was daar Estaol, Sora, Asna,

34 Sanoag, En-Gannim, Tappuag, Enajim,

35 Jarmut, Adullam, Soko, Aseka,

36 Saärajim, Aditajim, Gedera en Gederotajim, veertien stede met hulle buiteposte,

37 Senan, Gadasa, Migdol-Gad,

38 Dilan, Mispe, Jokteël,

39 Lakis, Boskat, Eglon,

40 Kabbon, Lagmas, Kitlis,

41 Gederot, Bet-Dagon, Naäma, Makkeda, sestien stede met hulle buiteposte,

42 Libna, Eter, Asan,

43 Jiftag, Asna, Nesib,

44 Keïla, Aksib, Maresa, nege stede met hulle buiteposte,

45 Ekron, met sy buitedorpe en buiteposte,

46 wes van Ekron al die stede in die omgewing van Asdod, met hulle buiteposte,

47 Asdod met sy buitedorpe en sy buiteposte, en Gasa met sy buitedorpe en sy buiteposte tot aan Egiptespruit en die kus van die Groot See.

48 In die Bergland was daar Samir, Jattir, Soko,

49 Danna, Kirjat-Sanna, dit is Debir,

50 Anab, Estemoa, Anim,

51 Gosen, Golon, Gilo, elf stede met hulle buiteposte,

52 Arab, Duma, Esan,

53 Janum, Bet-Tappuag, Afeka,

54 Gumta, Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior, nege stede met hulle buiteposte,

55 Maon, Karmel, Sif, Jutta,

56 Jisreël, Jokdeam, Sanoag,

57 Kajin, Giba, Timna, tien stede met hulle buiteposte,

58 Galgul, Bet-Sur, Gedor,

59 Maärat, Bet-Anot, Eltekon, ses stede met hulle buiteposte,

60 Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, en Rabba, twee stede met hulle buiteposte.

61 In die woestyn was daar Bet-Araba, Middin, Sekaka,

62 Nibsan, Ir-Melag en En-Gedi, ses stede met hulle buiteposte.

63 Die mense van Juda kon dit nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24