1 Daar is ook aan die stam Manasse 'n gebied deur loting toegeken. Manasse was Josef se oudste seun, en die toekenning is gemaak aan Manasse se oudste seun Makir die voorvader van Gilead. Hy was 'n krygsman en het Gilead en Basan ontvang.
2 Die toekenning was vir die oorblywende families in die stam Manasse, dié van Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida. Dit was die families van die ander manlike afstammelinge van Manasse seun van Josef.
3 Selofgad seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hier is hulle name: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
4 Hulle het na die priester Eleasar, na Josua seun van Nun en na die leiers toe gegaan en gesê: “Die Here het vir Moses beveel om vir ons tussen ons stamgenote grond te gee.”Moses het toe aan hulle grondgebied toegeken tussen hulle vader se broers soos die Here beveel het.