10 Efraim was aan die suidekant en Manasse aan die noordekant. Die gebied van Manasse loop tot teen die see, en grens noord aan Aser en oos aan Issaskar.
11 In Issaskar en Aser self het Bet-San, Jibleam, Dor op die bergrug, En-Dor, Taänak en Megiddo met hulle buitedorpe ook nog aan Manasse behoort.
12 Die mense van Manasse kon egter nie dié stede verower nie, en die Kanaäniete het dié gebied bly bewoon.
13 Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen, maar nie die stede ingeneem nie.
14 Die nakomelinge van Josef het met Josua gaan praat: “Waarom loot u vir ons net een keer en gee u ons net een deel? Ons is baie mense, want die Here het ons besonderlik geseën.”
15 Josua het vir hulle gesê: “Julle is baie. Gaan maak vir julle 'n stuk boswêreld skoon in die gebied van die Feresiete en die Refaïete. Die Efraimsberge is te klein vir julle.”
16 Hulle het vir Josua gesê: “Die Bergland is nie groot genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die laagte woon, het ysterstrydwaens, dié in Bet-San en sy buiteposte, en dié in die Jisreëlvlakte.”