8 Die Tappuagstreek het aan Manasse behoort, maar Tappuag self, op die grens van Manasse, het behoort aan die mense van Efraim.
9 Van Tappuag af loop die grens af na Kanaspruit toe. Suid van die spruit lê stede van Efraim tussen dié van Manasse. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood aan die see.
10 Efraim was aan die suidekant en Manasse aan die noordekant. Die gebied van Manasse loop tot teen die see, en grens noord aan Aser en oos aan Issaskar.
11 In Issaskar en Aser self het Bet-San, Jibleam, Dor op die bergrug, En-Dor, Taänak en Megiddo met hulle buitedorpe ook nog aan Manasse behoort.
12 Die mense van Manasse kon egter nie dié stede verower nie, en die Kanaäniete het dié gebied bly bewoon.
13 Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen, maar nie die stede ingeneem nie.
14 Die nakomelinge van Josef het met Josua gaan praat: “Waarom loot u vir ons net een keer en gee u ons net een deel? Ons is baie mense, want die Here het ons besonderlik geseën.”