11 My oë is gedaan van die huil,dit brand in my,my moed is gebreek,want my volk is plat geslaan;kinders en babatjies sak inmekaar in die strate van die stad.
12 Hulle soek by hulle moeders iets om te eet en te drink.In die strate van die stad val hulle om soos gewondes,in die arms van hulle moeders blaas hulle die asem uit.
13 Wat kan ek vir jou sê,waarmee kan ek jou vergelyk, Jerusalem?Wie se lyding kan ek vir jou noemdat ek jou daardeur kan troos, Sion?Jou verwonding is soos die see so groot,wie kan jou genees?
14 Die visioene van jou profetewas vals en misleidend:hulle het nie jou sondes blootgelêsodat jou ballingskap afgeweer kon word nie;die openbaringe wat hulle vir jou gegee het,was vals en het tot jou verwerping gelei.
15 Almal wat met die pad verby gaan,slaan die hande saam oor jou,hulle fluit en skud hulle kop oor Jerusalem:“Is dit die stad wat genoem isdie beeldskone, 'n vreugde vir die hele wêreld?”
16 Al jou vyande rek hulle mond oor jou,hulle spot en kry lekker,hulle sê: “Ons het hom verslind,dit is die dag waarvoor ons gewag het,dit het gebeur, ons beleef dit!”
17 Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het,Hy het die woord in vervulling laat gaanwat Hy lank gelede al afgekondig het.Hy het verwoes en geen genade betoon nie,Hy het die vyand hom oor jou laat vermaak,Hy het aan jou teëstanders die oorwinning gegee.