Klaagliedere 5 AFR83

Sou U ons dan bly vergeet?

1 Slaan tog ag op wat oor ons gekom het, Here,kyk tog en sien self hoe ons verneder is.

2 Ons besittings is gevat en aan vreemdes gegee,ons huise aan uitlanders.

3 Ons het weeskinders geword, daar is nie vaders nie,ons moeders is soos weduwees.

4 Ons moet ons eie drinkwater koop,vir ons eie hout moet ons betaal.

5 Ons word gedryf deur ons oorheersers,ons is uitgeput,ons word geen rus gegun nie.

6 Ons het ons hande uitgesteek na Egipte en na Assiriëom by hulle kos te bedel.

7 Ons vaders het gesondig,maar hulle is nie meer daar nie,ons word gestraf vir hulle sondes.

8 Ondergeskiktes heers nou oor ons,en niemand kan ons uit hulle mag red nie.

9 Met lewensgevaar moet ons vir ons gaan kos haal,want in die veld word ons doodgemaak.

10 Ons vel verskrompel soos iets in 'n oondvanweë die verterende honger.

11 Vrouens is in Sion verkrag,en jong meisies in die stede van Juda.

12 Leiers is gevat en opgehang,oumense word met minagting behandel.

13 Jongmanne word gedwing om maalwerk te doen,jong seuns struikel onder vragte hout.

14 Die oumense sit nie meer in die poorte van die stad nieen die jongmanne maak nie meer daar musiek nie.

15 Vrolikheid het uit ons lewe verdwyn,ons koordanse het plek gemaak vir rou.

16 Ons het ons aansien verloor,daar het ellende oor ons gekom,want ons het sonde gedoen!

17 Dit is die rede vir ons droefheid,vir die swart kringe om ons oë:

18 Sionsberg lê so verlate,die jakkalse loop daar rond.

19 Maar Ú, Here, U heers vir altyd,u troon staan vas van geslag tot geslag.

20 Waarom sou U ons dan bly vergeet,ons vir altyd verlaat?

21 Bekeer U ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees,gee ons weer die bestaan van vroeër.

22 Of het U ons heeltemal verwerp?Is u toorn oor ons so groot?

hoofstukke

1 2 3 4 5