24 Julle mag nie 'n os of 'n hamel aan die Here offer nie, ongeag die manier waarop dit gekastreer is. Sulke offers mag julle in julle land nie bring nie.
25 Julle mag ook nie 'n os of 'n hamel wat julle by 'n uitlander kry, aan julle God offer nie. Sulke diere is vermink, hulle het 'n liggaamlike tekortkoming, en die Here sal dit nie van julle aanneem nie.”
26 Die Here het vir Moses gesê:
27 “'n Kalf of 'n skaaplam of 'n boklam wat aankom, moet 'n week lank by sy ma bly. Van die agste dag af is die diertjie aanneemlik as 'n offergawe aan die Here.
28 'n Kalf of 'n lam mag nie op dieselfde dag as sy ma geoffer word nie.
29 “Wanneer julle 'n dankoffer aan die Here bring, moet julle dit so doen dat dit vir die Here aanneemlik is.
30 Julle moet die offervleis dieselfde dag opeet en niks laat oorbly tot die volgende dag nie. Ek is die Here.