64 Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesterskap onthef.
65 Die amptenaar wat met dié saak belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en die tummim nie.
66 “Die hele groep was in totaal 42 360,
67 afgesien van hulle slawe en slavinne; dié was 7 337. Dan was daar ook nog 245 sangers en sangeresse,
69 asook 435 kamele en 6 720 donkies.”
70 Party familiehoofde het bydraes gegee vir die werk. Die goewerneur het vir die fonds ag en 'n half kilogram goud, vyftig komme en vyf honderd en dertig stelle priesterklere gegee.
71 Van die familiehoofde het vir die werkfonds honderd ag en sestig kilogram goud en een en 'n kwart ton silwer bygedra.