10 Van anderkant die riviere van Kus afsal dié wat My vereer, my verstrooide volk,vir My geskenke bring.
11 Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaamdat jy opstandig teen My was met alles wat jy gedoen het nie,want Ek gaan uit jou uithaaldié wat hulle so verheug het in jou hovaardigheid;jy sal nie meer vol hoogmoed weesdaar op my heilige berg nie.
12 Ek sal in jou laat oorbly net diéwat nederig en ootmoedig isen vertrou op die Naam van die Here.
13 Dié wat van Israel oorgebly het,sal nie onreg doen nieen nie lieg nie;daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie.Hulle sal 'n kudde wees wat wei en gaan lê en russonder dat iemand hulle skrikmaak.
14 Sing, Sion! Juig, Israel!Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!
15 Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf,Hy het jou vyande laat padgee.Die Koning van Israel, die Here, is by jou;jy hoef geen ramp meer te vrees nie.
16 Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word:Moenie bang wees nie, Sion,moenie jou hande moedeloos laat hang nie!