13 Dié wat van Israel oorgebly het,sal nie onreg doen nieen nie lieg nie;daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie.Hulle sal 'n kudde wees wat wei en gaan lê en russonder dat iemand hulle skrikmaak.
14 Sing, Sion! Juig, Israel!Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!
15 Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf,Hy het jou vyande laat padgee.Die Koning van Israel, die Here, is by jou;jy hoef geen ramp meer te vrees nie.
16 Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word:Moenie bang wees nie, Sion,moenie jou hande moedeloos laat hang nie!
17 Die Here jou God is by jou,Hy, die krygsman wat red.Hy is vol vreugde oor jou,Hy is stil-tevrede in sy liefde.Hy jubel en juig oor jou:
18 Ek maak dié bymekaar wat treur,ver van die feestelikheid af,dié wat uit jou uit komen ter wille van jou die smaad gedra het.
19 Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het,Ek gaan die kreupeles help,die verstrooides bymekaarmaaken die vernedering wat hulle moes ondergaan,in eer verander, in roem oor die hele aarde.