14 Ek sê vir God dankie dat ek niemand van julle gedoop het nie, ek het net vir Krispus en Gaius gedoop.
15 Nou kan niemand sê dat julle gedoop is sodat julle aan my sal behoort nie.
16 Ja, ek het ook die huisgesin van Stefanas gedoop, ek is nie seker of ek ook iemand anders gedoop het nie.
17 Christus het my nie gestuur om te doop nie, Hy het my gestuur om die goeie boodskap oor Hom te bring. Ek het die boodskap gebring, maar ek het dit nie gedoen met die slim woorde van mense nie, want as ek dit gedoen het, dan help dit nie dat Christus aan die kruis gesterf het nie.
18 Ja, vir die mense wat verlore gaan, is die boodskap oor die kruis iets wat dom lyk. Maar God het vir óns gered, en die kruis wys vir óns hoe sterk God is wanneer Hy ons red.
19 Want in die Ou Testament is geskryf: Ek sal die plannevan die slim mense laat misluk,en die dinge wat slim mense dink,sal Ek laat verdwyn.
20 Die wêreld se slim mense, die skrifgeleerdes en die mense wat goed kan dink en praat, beteken niks by God nie. Alles wat God gedoen het, het gewys die dinge wat slim mense dink, is dom.