17 Christus het my nie gestuur om te doop nie, Hy het my gestuur om die goeie boodskap oor Hom te bring. Ek het die boodskap gebring, maar ek het dit nie gedoen met die slim woorde van mense nie, want as ek dit gedoen het, dan help dit nie dat Christus aan die kruis gesterf het nie.
18 Ja, vir die mense wat verlore gaan, is die boodskap oor die kruis iets wat dom lyk. Maar God het vir óns gered, en die kruis wys vir óns hoe sterk God is wanneer Hy ons red.
19 Want in die Ou Testament is geskryf: Ek sal die plannevan die slim mense laat misluk,en die dinge wat slim mense dink,sal Ek laat verdwyn.
20 Die wêreld se slim mense, die skrifgeleerdes en die mense wat goed kan dink en praat, beteken niks by God nie. Alles wat God gedoen het, het gewys die dinge wat slim mense dink, is dom.
21 God was reg toe Hy besluit het dat die slim dinge wat die mense van die wêreld dink, hulle nie sal kan help om Hom te ken nie. Die mense van die wêreld sê die boodskap oor Jesus is iets wat dom lyk, maar God het besluit om die mense te red wat hierdie boodskap glo.
22 Die Jode wil wondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor,
23 maar ons bring ’n boodskap dat Christus aan ’n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit ’n groot probleem, en vir die heidene is dit iets wat dom lyk.