28 En daar is dinge wat vir die mense van die wêreld niks beteken nie, hulle dink dit is onbelangrik, hulle dink dit is niks. Maar God het daardie dinge gekies om te wys dat dit vir Hom anders is: Die dinge wat baie belangrik is vir die mense van die wêreld, beteken nou niks.
29 Hoekom het God dit gedoen? Hy het dit gedoen sodat niemand kan dink hy is vir God beter as iemand anders nie.
30 Dit is God wat julle nou naby Christus Jesus gebring het. Ja, as ons in Christus Jesus glo, dan sien ons die wysheid van God, ons sien dat Hy ons nie meer straf nie, dat Hy ons aan Hom wy en dat Hy ons vrymaak van die sonde.
31 En so word dit waar wat in die Ou Testament geskryf is: As ’n mens wil spog,dan moet hyoor die Here spog.