7 Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente.
8 Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê.
9 Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om sterk in God te glo. Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om mense gesond te maak.
10 Die Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om wonderwerke te doen. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om die boodskap van God te bring. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om te sê of ’n boodskap van God kom of van bose geeste. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om in tale te praat. Die Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om te tolk wanneer iemand in tale praat.
11 Dit is dieselfde Gees wat hierdie verskillende genadegawes vir mense gee. Hy gee vir elke gelowige sy eie genadegawe. En Hy besluit self watter genadegawe Hy vir elkeen wil gee.
12 ’n Mens het een liggaam, maar die liggaam het baie dele. Ja, daar is baie dele, maar die baie dele is saam één liggaam. Christus is ook so.
13 Toe ons gedoop is, het die Heilige Gees vir ons almal saam een liggaam gemaak. Ons is Jode, Grieke, slawe en vry mense, maar dieselfde Gees het in ons almal gekom.