15 Wat moet ek dan doen? Ek sal bid met my hart, maar ek sal ook bid met my verstand. Ek sal vir die Here sing met my hart, maar ek sal ook met my verstand vir die Here sing.
16 Maar onthou: Wanneer jy met jou hart bid en jy prys die Here, dan is daar miskien iemand wat nie die genadegawe het om tale te verstaan nie. Kan daardie persoon dan saamstem en “amen” sê wanneer jy vir die Here dankie sê? Nee, want hy verstaan nie wat jy sê nie.
17 Jy sê miskien mooi dankie vir die Here, maar dit maak nie die ander persoon se geloof sterk nie.
18 Ek sê dankie vir God dat ek meer as julle almal in tale praat.
19 Maar vir my is dit beter om in die gemeente net vyf woorde met my verstand te praat as om 1 000 woorde in tale te praat. Want as ek met my verstand praat, dan kan ek vir die gemeente leer.
20 Vriende, julle moenie soos kinders dink nie. Ja, wanneer julle verkeerde dinge wil doen, dan moet julle soos babas wees. Maar julle moet soos grootmense dink.
21 In die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: “Ek sal methierdie volk praatin tale wat hulle nie ken nie,in die tale van mensevan ander lande,maar ook dán sal hulle nie luisterna My nie.”